Clanwilliam-museum bederf Sederclan Dienssentrum se dames

NG senior klub besoek Clanwilliam Museum
October 10, 2018
Show all

Clanwilliam-museum bederf Sederclan Dienssentrum se dames

Augustus is bekend as Vrouemaand en ter ere van Vrouemaand het Clanwilliam-museum die dames van die Sederclan Dienssentrum genooi vir ’n motiveringspraatjie en verversings by die Ou Tronk.

As gasspreker het hulle vir Chantelle Oosthuizen genooi om die dames se gemoed ’n bietjie op te kikker deur aan hulle ’n lieflike, opbouende boodskap oor te dra. Daar is saam met Joppie Amon gewerk om almal by die museum te kry en die dag te help moontlik maak.

Die museum wil ook hul borge hartlik bedank wat hulle bygestaan het met die geleentheid en uitgehelp het om die dag spesiaal te maak. Hulle bedank Floris Restaurant, Joseph Pieters, Chantelle en Jan Oosthuizen asook die museum-komitee vir hul ruim bydrae om hierdie geseënde dag moontlik te maak.

Die museum sien uit daarna om in die toekoms meer soortgelyke geleenthede aan te bied en uit te reik na die gemeenskap.